Bastion rugby haal Coke-span na groot wen

Bastion het met hul rugby-talent gespog by die onlangse Rugby Coke-toernooi.

Spelersvandietoe_36923Riaan de Jager (tweede van links) en Morné Swanepoel (tweede van regs) saam met hul afrigters, Wessel van der Westhuizen (heel links) en David Gouws (heel regs). Die hoof, Gert Koekemoer staan in die middel.

Hoërskool Bastion se o/15 rugbyspan het in die eindstryd van die Coke-reeks by die Roodepoort Rugbyklub met 26-0 teen Queens High School geseëvier om die title in te palm.

Brendon McLean is as die speler van die wedstryd aangewys, terwyl Riaan de Jager as die agterlynspeler van die toernooi aangewys is.

Bonop díe prestatsies is Morné Swanepoel as die voorspeler van die toernooi aangewys.

“Na afloop van die toernooi is daar in elke ouderdomsgroep ‘n Coke-span saamgestel uit al die spanne wat aan die toernooi deelgeneem het,” het Bastion se skakelbeampte, Melitta Geyser, vertel.

Sewe van Bastion se o/15 spelers en twee van die o/17 spelers is in die onderskeie Coke-spanne opgeneem.

Die o/15 gekose spelers is soos volg: JC Combrink, Brendon McLean, Arno van Zyl, Morné Swanepoel, Keagan du Plessis, Riaan de Jager en Jaco Booyens.

Die o/17’s is Ethan Martens en Juandré van Biljon.

Bastion se o/15-afrigter, David Gouws, is boonop nog as die afrigter van die o/15 Coke-span aangewys.

Bookmark the permalink.

Comments are closed.